Ettie Bierman is ’n alombekende, gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy is getroud met Roelf van Rensburg, self ook skrywer en oud-uitgewer. Hulle woon sedert 2003 aan die suidkus van KwaZulu-Natal, waar sy ná ’n stilte van ses “sabbatsjare” weer volstoom aan die skryf is.