af
Cecilia Steyn

Tienerharte 4: Hartsnaar

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta te wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om 'n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tyd om weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees …
Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en 'n viool se snare. Sophia is die enigste meisie wat hy ken wat versot is op Star Wars en boonop vir Dracula bo Edward Cullen verkies. Haar groot groen oë is sy gunstelingplek op aarde. Maar hoe kan hy vir sy beste pel sê hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet 'n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan?
Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!
This book is currently unavailable
128 printed pages
Original publication
2017
Publication year
2017
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)