Een: Moenie kwaad gaan slaap nie. Twee: Moenie ander vertrou met jou geluk nie. Drie: Jou ouers het die beste job gedoen wat hulle kon. Aanvaar dit. Vier: Beauty magazines gee jou ’n slegte selfbeeld. Moenie dit lees nie!”
“Ek’s beïndruk!” knik Anton.
“Vyf: Seksualiteit is natuurlik en word nie gekies nie. Dis Jan-Hendrik se favourite, by the way. Ses: Vertroue is belangriker as monogamie. Sewe: Mooiheid kom van binne, en nee, Anton, dis nie net lelike mense wat so dink nie!”
Anton lag kliphard. “Agt?”
“Agt: Familie is belangriker as weelde. Nege: Jy kan nooit gelukkig wees as jy nie leer om te kan vergewe nie. Tien: hm …”
“Komaan, Zoë, jy vaar so goed,” hits Anton haar aan.
“O ja! Tien: Liefde bestaan vir altyd, selfs in dood. En, drum roll, die elfde een som almal op: Karma!”