’n Nuwe muse…
Gabi gaan op vakansie na Hampshire. Sy is ’n kunstenaar wat ’n nuwe muse
moet vind ná ’n liefdesteleurstelling en die dorpie lyk na die ideale plek om haar
wonde te lek.
Kort na haar aankoms word sy byna vertrap op Robbers’ Common deur die enigmatiese Sam Macleod en sy perd. Haar enkel word ernstig beseer en haar
planne deeglik in die wiele gery. Sam neem verantwoordelikheid vir Gabi se besering, maar sy vermoed hy is net besorg oor haar omdat hy na ʼn
kunsonderwyser soek. Sy weier om by’n man met bymotiewe betrokke te raak.
Totdat die pragtige Cloisters en aantreklike Sam vir haar meer as net inspirasie
word.