af
Christine le Roux

Christine le Roux Omnibus 8

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die agste omnibus van hierdie gewilde skrywer bevat drie heerlike liefdesverhale wat met humor en sentiwiteit vertel word.Tweede beste: Nicolette wil Jack ’n les leer wanneer hy nie kans sien vir ’n naweek in die berge saam met haar nie. Sy nooi die stil Philip de Waal saam met die idee om Jack jaloers te maak. “Jy speel met vuur,” waarsku haar vriendin, en inderdaad, onvoorsiene dinge gebeur en veroorsaak dat Nicolette later nie meer seker is of sy haar eie hart ken nie. Die uitkenningsparade: Wanneer Karlien vir Steven Joubert by ’n partytjie ontmoet en hoor dat hy graag wil trou, bied sy aan om hom te help vrou soek. Buitendien het Neil, haar verloofde wat in die Midde-Ooste werk, voorgestel dat sy ’n projek kry om haar mee besig te hou terwyl hy weg is. Sy het egter min sukses met die vrousoek-“projek” en intussen begin sy al hoe meer bedenkinge kry oor haar en Neil se trouplanne. Verlore dekade: Op ’n dag kruis Alexandra Nel se paaie weer met dié van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet. Sy het nie geweet hy is weer terug uit die buiteland nie, en die skanse wat sy om haar hart gebou het, begin stadig verkrummel. Maar daar is die ernstige siekte van haar vriend Louis, en buitendien, Ryno dra ’n trouring.
This book is currently unavailable
526 printed pages
Original publication
2016
Publication year
2016
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)