Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding— en rehabilitasie-sentrum — om diere te red, is in haar bloed! Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn tot die popsangeres Amelia Ametis wat opdaag — met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan …